Zuma sê hy sal Shaik-kwytskelding oorweeg

2012-01-23 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma sal die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se aansoek om presidensiële kwytskelding oorweeg sodra hy dit ontvang.

Die departement van justisie verwerk nou die aansoek, het Tlali Tlali, departementele woordvoerder, gister gesê.

Shaik het in 2008 om presiden­siële kwytskelding aansoek gedoen.

Die Sunday Independent het gister berig Shaik wil R2,5 miljoen – wat hy glo aan Zuma geleen het – terughê. Hy wil ook kwytskelding hê.

Shaik, Zuma se voormalige finansiële adviseur, is in 2005 altesaam 15 jaar tronkstraf opgelê. Hy is in 2009 op mediese parool geplaas nadat hy aan korrupsie en bedrog skuldig bevind is.

Luidens die berig voel Shaik of hy “gebruik” is.

“Noudat die Shaik-put droog is, is die Guptas die gunstelinge. Ek is gebruik en misbruik,” het die koerant hom aangehaal.

Shaik het blykbaar nog nooit van Zuma gehoor sedert hy president geword het nie, ondanks die feit dat hulle voorheen in “konstante kontak” was.

Die koerant berig hy het gesê hy is nooit die volle R2,5 miljoen – wat Zuma blykbaar hoofsaaklik vir die sorg van sy kinders, insluitend skoolgeld, gebruik het – terugbetaal nie. Net sowat R500 000 is na bewering terugbetaal.

Shaik het gister aanvanklik onderneem om ’n verklaring uit te reik, maar later van plan verander. Hy was net bereid om te sê: “Ek het geen kommentaar op dié kwessie wat verband hou met my persoonlike verhouding met die president, anders as dit wat deel van die hofdokumente vorm nie.

“Ek respekteer die president en verwag joernaliste sal dit ook doen.”

Die appèlhof lewer aanstaande maand uitspraak oor ’n aansoek van die DA om die besluit om Zuma se strafregtelike vervolging te staak, te betwis. Die destydse waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Mokotedi Mpshe, het dié besluit in April 2009 geneem.

Die aanklagte het glo met Shaik se saak verband gehou.

Tlali het gesê die departement van justisie verwerk nou Shaik se aansoek om kwytskelding.

“Nadat ons dit verwerk het, word dit vir ’n besluit na die president gestuur. Daar is geen vasgestelde tyd vir die bekendmaking van die besluit nie.

“Ons sal alle pogings aanwend om elke aansoek so gou as moontlik te verwerk. Daar is ’n aansienlike aantal aansoeke in dié verband,” het Tlali gesê.

Reeves Parsee, Shaik se prokureur, asook Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, wou nie gister op die koerantberig reageer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  schabir shaik

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Jy mag dit net nie op 'n doek vaslê en verewig nie Koos...dit is waar die kuns en kultuur stop! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.