‘Zuma se eerste ware toets kom’

2009-08-24 07:13
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma se hantering van die Donen-kommissieverslag is sy eerste ware toets, het die DA Saterdag gesê.

Dit sal boekdele spreek oor sy houding ten opsigte van korrupsie.

’n Berig in ’n Sondagkoerant wil dit hê dat adjunkpres. Kgalema Motlanthe glo luidens dié kommissieverslag bewus was van die sakeman Sandile Majali se “twyfelagtige olietransaksies” met die vorige Irakse bedeling.

Die Donen-kommissie van ondersoek is in 2006 deur oudpres. Thabo Mbeki aangestel ná beweerde ongerymdhede van Suid-Afrikaanse ondernemings in die Verenigde Nasies (VN) se olie-vir-voedselprojek in Irak.

Die verslag is nog nie bekend gemaak nie.

Die Sunday Times het Sondag berig Majali het blykbaar transaksies met Irak aangegaan op ’n wyse wat VN-sanksies teen die vorige Irakse leier, oudpres. Saddam Hoesein, oortree het.

Die berig sê die kommissie het ook die rol van Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, ondersoek.

Die berig sê ook Sexwale was onbewus van ’n sogenaamde “byheffing”.

Mocoh – ’n buitelandse entiteit waarin Sexwale ’n mede-direkteur was –“het verpligtinge aangegaan” om byheffings te betaal, terwyl dit olietransaksies met Irak onderhandel het.

Alle inkomste uit Irak se olieverkope was veronderstel om vir die uitsluitlike gebruik van humanitêre doelwitte na ’n spesiale VN-gemoniteerde rekening te gaan.

Die Irakse regering het blykbaar byheffings van 10% op alle verkope geplaas en geëis dit moet in staatsrekeninge betaal word.

Ian Davidson, DA-hoofsweep, sê in ’n verklaring die Sunday Times se berig is baie problematies omdat dit die verslag “selektief” aanhaal en versuim om enige van die inligting wat dit onthul in sy “volle en behoorlike” konteks te plaas.

Nietemin glo die DA Zuma maak die volledige verslag bekend.

“Pres. Zuma praat herhaaldelik van die regering se verbintenis tot deursigtigheid.

“Nou moet woorde gevolg word deur optrede. Ons versoek die president om die volle Donen-kommissie-verslag bekend te maak, en om weer ’n kommissie van ondersoek aan te stel wat die mag het om die kwessie behoorlik te ondersoek.”

Davidson sê ’n regter moet só ’n kommissie lei en die mag hê om getuies te dagvaar.

Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, het gister gesê hy kan nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.