Zuma sê Malema moet hom gedra
2009-10-20 14:14
Johannesburg - Pres. Jacob Zuma het die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gevra om homself te gedra as hy die Sakhile-township in Mpumalanga besoek.
Malema gaan Woensdag dié township besoek.
Zuma het behoedsaam reageer toe hy hoor wat Malema beplan.
"Hy (Zuma) het gesê, 'Ek hoop gaan nie dinge daar verder opvlam nie. Ons sukkel om die probleem daar aan te spreek'," aldus Malema.
Die jeugleier het die gewelddadige protesoptogte ten sterkste veroordeel en gesê mense wat bande brand en T-hemde dra met Zuma se gesig op, diskrediteer die president.
– Sapa