Zuma sê Malema gaan oorboord
2009-09-11 09:56
Johannesburg - President Jacob Zuma het herken dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, soms oorboord gaan.
"Ek het van Malema se uitbarstings met hom bespreek. In sommige gevalle, as jong man, gaan hy oorboord”, het Zuma tydens ‘n onderhoud op MTV Base gesê.
Zuma sê Malema kan geleer word om te groei as leier.
"Ons moet met hom gesels en kry om te groei tot 'n leier word wat ons wíl ken", het Zuma gesê.
Volgens Zuma sal Malema se dade ‘n groot invloed om die komende jeugliga-verkiesing hê.
Malema is tans betrokke by ‘n hofsaak aangaande aanmerkings wat hy gemaak het wat voorstel dat die vrou wat Jacob Zuma aangekla het van verkragting, die seks met Zuma geniet het.
“Diegene wat ‘n goeie tyd het sal wag tot die son opkom, vra vir ontbyt en geld vir ‘n taxi. Daardie vrou het gevra vir ontbyt en taxi-geld”, het Malema vroeër vanjaar gesê.
Malema is bekend vir sy kontroversiële uitlatings.
Hy het al die leier van die DA, Helen Zille, ‘n "rassistiese klein meisie" genoem, en ook na Mbhazima Shilowa, Cope se medeleier, verwys as ‘n ‘sekuriteitswag wat nie kinderonderhoud betaal nie’.
In Februarie vanjaar het hy om verskoning gevra vir aanmerkings wat hy oor Naledi Pandor, die voormalige minister van onderwys, se ‘vals aksent’ gemaak het.
Hy is ook berug vir sy stelling dat die jeugliga sal doodmaak vir Zuma.
- Sapa