‘Zuma se 20ste wys hy vergeet verskoning’

2010-02-01 07:48
Tweets Share Share line Print

Susan Cilliers

Johannesburg - Die onthulling gister dat pres. Jacob Zuma se 20ste kind glo verlede jaar gebore is, wys hy het al “vergeet” hy het vroeër verskoning gevra omdat hy onbeskermde seks gehad het.

Helen Zille, DA-leier, het so gereageer in ’n persverklaring wat gister uitgereik is ná ’n berig in die Sunday Times dat Zuma ’n kind verwek het by Sonono Khoza (39), dogter van Irvin Khoza.

Laasgenoemde is voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi en ’n jare lange vriend van Zuma.

“Zuma se optrede weerspreek die regering se veldtog teen meer as een seksmaat en die risiko om met vigs besmet te word indien jy onbeskermde seks het,” het Zille gister gesê.

Sy het verwys na die groot nasionale advertensieveldtog OneLove op radio, televisie en in die gedrukte media wat onder meer die volgende aanmoedig: veilige seks, die gebruik van kondome en ’n lewensingesteldheid wat die kanse verminder op onbeskermde seks met meer as een maat.

“Die president se optrede staan in sterk kontras hiermee,” het Zille gesê.

Die Sunday Times het gister berig me. Khoza se dogter is op 8 Oktober verlede jaar gebore.

’n Afvaardiging van KwaZulu-Natal het glo in Desember verlede jaar namens Zuma met die Khoza-familie beraadslaag oor skadevergoeding ingevolge die Zoeloe-tradisie wanneer ’n kind buite die eg gebore word.

Die tonge het glo ook geklap toe Zuma volgens dié koerant op 17 Januarie vanjaar besoek gaan aflê het by die Khoza’s se herehuis in Soweto.

Die geskeide Khoza is glo ’n bestuurder by die bemarkingsafdeling van ABSA se Johannesburgse hoofkantoor.

Zille het in haar persverklaring verwys na uitsprake wat Zuma in 2006 gemaak het nadat hy onskuldig bevind is aan verkragting.

“Ek het onbeskermde seks gehad...

“Ek moes van beter geweet het. Ek moes meer verantwoordelik opgetree het,” het Zuma toe volgens Zille gesê.

Ook die Sunday Times het na dié vroeëre uitspraak verwys.

“Die jongste Zuma-kind wys die president het wéér onbeskermde seks gehad met ’n vrou met wie hy nie getroud is nie – iets waaroor hy drie-en-’n-half jaar gelede verskoning gevra het,” het die koerant gister berig.

Zille het in haar persverklaring gesê “dis duidelik dat hy (Zuma) nou vergeet het van sy (vroeëre) erkenning dat hy gefouteer het deur onbeskermde seks te hê.”

“Hy het weer eens daarin geslaag om die verkeerde boodskap na Suid-Afrikaners uit te stuur,” was Zille se kommentaar.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.