Zuma sal China besoek om bande te versterk
2010-08-22 13:44
Johannesburg - President Jacob Zuma sal Dinsdag 'n amptelike besoek aan China bring om bande met hierdie land te versterk.
China is vinnig besig is om 'n topbelegger in Afrika te word. Handel tussen China en Suid-Afrika groei al sedert 1998 en verlede jaar het Beijing Amerika verbygesteek as die grootste mark vir Suid-Afrika se uitvoerprodukte. China het ook drie jaar gelede R40 miljard in Suid-Afrika se Standerd Bank belê.
Hierdie besoek is die laaste been van Zuma se toer na die BRIC-lande met hul ontluikende ekonomieë (Brasilië, Rusland, Indië en China).
Suid-Afrika sal graag by hierdie groep lande wil aansluit, alhoewel die plaaslike ekonomie veel stadiger is as die BRIC-lande s'n.