Zuma respekteer Pikoli-uitspraak
2009-08-11 13:32
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma sê hy respekteer die hof se uitspraak in die guns van die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) Vusi Pikoli en dat hy sal daarby sal bly.
“Die presidensie beklemtoon pres. Jacob Zuma se siening dat die aanstelling van ‘n permanente NDOV kritiek is om misdaad te bekamp,” het Zuma se kantoor in ‘n verklaring gesê.
Zuma sal in ‘n latere stadium kommentaar lewer.
‘n Interdik wat deur die Pretoriase hooggeregshof toegestaan is verhoed Jacob Zuma om ‘n nasionale direkteur van vervolging (NDOV) permanent aan te stel.
Dié bevel is Dinsdagoggend toegestaan en sal toegepas word totdat die hof uitspraak gelewer het in die saak van Pikoli.
Regter Ben du Plessis het in minder as 'n minuut uitspraak in dié saak gelewer.
Du Plessis het gesê Pikoli het 'n prima facie-saak voorgelê.
Aslam Moosajee, Pikoli se prokureur, het gesê hulle is verheug oor die uitspraak.
Pikoli is R10 miljoen skadevergoeding aangebied nadat hy afgedank is. Hy het egter besluit om nie die geld te vat nie en eerder sy afdanking in die hof te betwis.
Pikoli voer aan dat sy afdanking ongrondwetlik en onwettig is en dat hy heraangestel moet word.
Die saak word in November verhoor.
– Sapa