Zuma-regsman wil nie sê oor opnames

2011-09-29 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – As dit van pres. Jacob Zuma se prokureur afhang, sal Suid-Afrika nooit weet hoe ’n stel geheime bandopnames in die hande van die president se regspan beland het nie.

Michael Hulley, Zuma se prokureur, het Woensdag gesê hy hou vol dat hy in sy kliënt se belang nié die omstrede stel bandopnames se oorsprong sal bekendmaak nie.

“Ek kan dit nie openbaar maak nie, selfs al dink jy dit is in openbare belang, ek is verbind daartoe om dit geheim te hou.”

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het eergister die bandopnames onwettig verklaar in ’n arbeidsgeding tussen adv. Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), en Faiek Davids, sy voormalige adjunk. Hofmeyr het gevra dat die bande toegelaat word.

Dié bandopnames was deurslaggewend in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om korrupsieklagtes teen Zuma te laat vaar.

Die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) het die opnames gemaak deur adv. Leonard McCarthy, destydse hoof van die Skerpioene, se gesprekke met onder andere adv. Bulelani Ngcuka, gewese direkteur van nasionale vervolging, af te luister.

Davids is in November 2010 in die pad gesteek nadat Hofmeyr vertroue in hom verloor het weens ’n gesprek tussen Davids en McCarthy op een van die bandopnames.

Die KVBA het in sy uitspraak gesê vir dié spesifieke geding is die bandopnames “onwettig en ontoelaatbaar”.

Die redes hiervoor is dat die SOE nie in besit is van die opnames nie en dit “ten spyte van sy beste pogings” nie in die hande kon kry om as bewys in die hof te dien nie.

Hofmeyr, die NIA en die NVG ontken dat die opnames in hul besit is en volgens die NIA is Hulley die enigste persoon wat in besit is van die volledige opnames.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.