Zuma prys SA soldate in Afrika
2009-10-16 15:51
Bloemfontein - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die afgelope dekade ‘n merkbare verskil in die oorloggesteisterde kontinent gedurende vredesendings gemaak, het pres. Jacob Zuma gesê.
Die president het tydens ‘n parade vir die 10-jarige herdenking van die departement van verdediging se betrokkenheid by vredesendings by die Bloemspruit-lugmagbasis naby Bloemfontein gepraat.
Zuma het gesê SA se betrokkenheid by vredesendings wys aan die wêreld dat dié land ‘n eerlike en betroubare bemiddelaar vir vrede kan wees.
Die president het gesê SA sal aanhou om saam met die Afrika Unie en die Verenigde Nasies te werk om vrede in Afrika te bewerkstellig.
“Ek is baie trots op die prestasies van ons soldate terwyl hulle ons land beskerm. Julle maak ons trots om Suid-Afrikaners te wees,” het Zuma gesê.
- Sapa