Zuma prys Malema se leierskap
2009-10-26 08:40
Johannesburg – President Jacob Zuma het Julius Malema geprys as ‘n goeie leier en gesê dat hy verdien om eendag “die ANC te erf,” het The Star koerant Maandag berig.
Malema is 'n “toekomstige leier” en waardig om die ANC te erf, het Zuma gesê.
“Sommige van ons is nie meer jonk nie en wanneer ons oor die berg gaan, in terme van ouderdom, is ons bly dat die organisasie in die regte hande bly, dié wat aan die mense sal dink,” het Zuma gesê.
“Die ANC herken talent en leierskap en ons gee mense ‘n geleentheid.
“Julius het gewys dat hy wel ‘n goeie leier is en dat hy die mense verstaan,” het Zuma bygevoeg.
Hy het in Malema se tuisdorp Seshego gepraat, waar die jeugleier gehelp het om 'n huis en 'n kerk te bou.
Zuma het aan die mense gevra om vir Malema te bid om nie “op die pad te struikel nie want ons sit hier n toekomstige leier.”
- Sapa