Zuma prys 2030 ontwikkelingsplan
2011-11-11 21:05
Johannesburg – Die nasionale ontwikkelingsplan vir 2030 sluit
kwessies in waaroor meeste Suid Afrikaners sterk voel, het president Jacob Zuma
gesê.
“Enige plan wat nie direk tot die behoefte van
ons mense, die behoeftes van die armste mense onder ons, sal nie goed genoeg
wees vir ons land nie,” het hy by die bekendstelling van die strategie in
Pretoria gesê.
Die president het die Nasionale Beplanningskommissie
geprys vir ‘n plan wat daarop gefokus is om armoede die hoof te bied,
ongelykheid te verminder en ongeletterdheid aan te pak.
Volgens Zuma het die kommissie al die
provinsiale regerings, die algemene publiek en tradisionele leiers geraadpleeg.
Die plan is daarop gemik om die regering by te
staan in hul taak om ‘n ideale samelewing te skep.
Alle departemente, provinsies en
munisipaliteite moet die plan “hul eie maak” om dit te help implementeer, het
Zuma gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA