Zuma op pad na Orania

2010-09-13 19:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - President Jacob Zuma sal die Afrikanergemeenskap van Orania in die Noord-Kaap Dinsdagoggend besoek.

Dit volg nadat die President reeds voor verlede jaar se algemene verkiesing aangedui het dat hy Orania wil besoek ten einde vas te stel hoe Orania gemeenskapsontwikkeling op ‘n selfstandige wyse bedryf.

Dit is veral die manier waarop Orania  se selfstandige plaaslike regering funksioneer en die manier waarop ekonomiese ontwikkeling in die gemeenskap gedryf word, wat President Zuma tydens ‘n gesprek in 2009 laat besluit het dat hy Orania wil besoek.

President Zuma wil  in besonder met professor Carel Boshoff, die leierfiguur agter die totstandkoming en ontwikkeling van Orania die afgelope 19 jaar, vergader.

Professor Boshoff ervaar die afgelope tyd gesondheidsprobleme. President Zuma en prof Boshoff ken mekaar al  minstens twee dekades lank.

President Zuma sal ook die tweede staatshoof wees wat Orania besoek. President Mandela het Orania tydens sy termyn as president ook besoek.

Die leierskap van Orania het die geleentheid om President Zuma aan Orania bekend te stel, verwelkom.

Carel Boshoff (iv), voorsitter van Orania se Dorpsraad beskou President Zuma se besoek as ‘n deurbraak vir die gemeenskap wat die afgelope paar jaar met groot sukses ‘n model van plaaslike ontwikkeling daargestel het waaruit baie ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe waarde kan put.

“In Orania fokus ons daarop om vir die Afrikaner ‘n toekoms aan die suidpunt van Afrika te verseker. Ons doen dit ten bate van Afrikaners in die algemeen en nie ten koste van enige ander Suid-Afrikaner nie.

“Ons doen dit deur met eie kapitaal, eie arbeid en eie inisiatief ‘n meer selfstandige en volhoubare gemeenskap te ontwikkel. Indien meer Suid-Afrikaanse gemeenskappe hierdie model van selfstandige ontwikkeling kan navolg, kan probleme soos armoede en werkloosheid baie meer doeltreffend aangespreek word.  Orania is ‘n beginpunt en nie ‘n eindpunt nie.”

President Zuma sal Dinsdagoggend die leierskap van instellings in Orania ontmoet waarna hy met professor Boshoff sal vergader.

Daarna sal hy op ‘n toer deur die dorp geneem word om te sien hoe onderrig, opleiding, arbeidsvoorsiening, behuising en industrieë soos landbou en toerisme in Orania bedryf word.

Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: jacob zuma  |  orania

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.