Zuma 'oorweeg' Shaik kwytskelding
2009-12-21 16:14
Johannesburg - Pres. Jacob Zuma oorweeg steeds die kwytskelding van die veroordeelde misdadiger Schabir Shaik.
Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, het Maandag gesê Shaik se aansoek om kwytskelding is een van vele wat die president ondersoek.
Magwenya het egter gesê Shaik se aansoek geniet nie enige "spesiale behandeling" nie en dat daar geen sperdatum vir 'n besluit bestaan nie.
Shaik is in 2006 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir 'n verhouding met Zuma wat deur die hof as "oor die algemeen korrup" beskryf is.
Die saak het te doen met Suid-Afrika se wapentransaksie met Frankryk.
Zuma was op daardie stadium adjunkpresident van die land.
- Sapa