Zuma ontken dat hy sakeleiers 'afjak'
2010-04-26 10:45
Johannesburg – President Jacob Zuma het die afgelope naweek se gerugte ontken dat hy sakeleiers “afjak”.
“Die president gaan uit sy pad op sy samewerking te bied aan besighede tydens die globale ekonomiese resessie,” het sy kantoor Sondagmiddag in ‘n verklaring gesê.
Die president het die afgelope naweek onder streng kritiek deurgeloop weens die feit dat hy nie vergaderings met sakeleiers, insluitend die Besigheidsleierskap van Suid-Afrika (BLSA), as ‘n prioriteit sien nie.
“Ons sal met die BLSA kommunikeer om die aard van hulle probleme te verstaan en om enige misverstande op te los,” het in die verklaring gestaan.
Sake24 het Maandag berig dat Zuma na bewering persoonlik verseker het dat Brian Molefe, uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), in sy pos aanbly.
Molefe se kontrak het verlede week verval.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.