Zuma onthul sluipmoord-komplot
2011-10-17 10:12
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het onthul dat daar 'n komplot was om 'n sluipmoord op hom uit te voer toe hy die adjunkpresident was.
Zuma het gesê dié komplot is gefnuik deur die lojaliteit van sommige van sy lyfwagte wat geweier het om deel te wees van die plan.
Hy het dié onthulling in Umbumbulu, suid van Durban, gemaak toe hy honderde rouklaers by die begrafnis van kapt. Patrick “Sho” Maphumulo, toegespreek het. Zuma het gesê Maphumulo was een van die lyfwagte wat geweier het om deel te wees van die plan.
Maphumulo is verlede Sondag dood nadat hy vermoedelik malaria opgedoen toe hy in Kartoem was vir die inhuldiging van die president van die nuutgevormde staat van Suid-Soedan.
– Volg Nuus24 op Twitter
- The Witness