Zuma-nommer ‘hou SA aan lyntjie’

2009-12-03 06:48
Tweets Share Share line Print

Heindrich Wyngaard

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma se hulplyn – een van sy vlagskip-“omgeeprojekte” – ontaard in ’n groot verleentheid vir sy regering.

Dit kom nie die mas op met die aantal oproepe wat ontvang word nie – en staatsdepartemente en die provinsies is boonop traag om klagtes op te volg.

Gister het dit aan die lig gekom dat staatsdepartemente en provinsies die afgelope drie maande onderskeidelik aan net 33% en 18% van alle klagtes aandag gegee het.

Zuma het nou alle ministers en premiers opdrag gegee om onmiddellik met ’n omdraai-strategie vorendag te kom, het die presidensie gesê.

Collins Chabane, minister verantwoordelik vir prestasiemonitering en eva­luering, het ook bekend gemaak dat ’n skamele 9 190 van die altesaam 30 650 klagtes wat tot 27 November ontvang is, tot dusver opgelos is.

“Die presidensiële hulplyn is nie tans in staat om die aantal oproepe wat ontvang word te hanteer nie,” het Chabane in antwoord op ’n parlementêre vraag van Joe McGluwa van die OD gesê.

Selfs al sou die aantal operateurs vermeerder word, sal dit slegs ’n beperkte impak hê, aangesien hulpbronne beperk is, het Chabane bygevoeg.

Die hulplyn is middel September deur Zuma self – en teen ’n koste van R1 miljoen vir die eerste jaar – bekend gestel. Die eerste kwartaallikse verslag, wat gister uitgereik is, wys dat die meeste klagtes uit KwaZulu-Natal (4 002) ontvang is. Dan volg Gauteng (3 166) en die Oos-Kaap (1 582).

Die meeste oproepe – 3 074 – is na die departement van arbeid verwys, waarvan 1 915 aandag geniet het.

Slegs 323 van die 2 321 klagtes wat na die departement van huisvesting verwys is, is bygelê, terwyl die departement van binnelandse sake aan 1 380 uit altesaam 1 946 klagtes aandag gegee het.

Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, het gesê dit is ironies dat Chabane “nou eers agterkom wat ons al lankal sê: dat daar groot probleme met die hulplyn is”.

Zuma se kantoor het gister benadruk dat die eerste jaar van die projek as ’n loodsfase beskou word. Die opgewondenheid van mense wie se klagtes aandag geniet, bring groot bemoediging.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.