Zuma-neef, twee van Aurora dalk gou aangekla

2011-10-23 09:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Pres. Jacob Zuma se neef en sy twee direkteure gaan aangekla word sodra die ondersoek na die plundering van die Pamodzi-myn in Desember afgehandel is.

Khulubuse Zuma, Zondwa Mandela en Thulani Ngubane, direkteure van Aurora Empowerment Sys tems, word deur aanklagte in die gesig gestaar dat hulle die Maatskappyewet oortree en versuim het om finansiële rekords en ander dokumente oor hul sake met Pamodzi voor te lê.

Die ondersoek is in camera in Pretoria gehou om diegene te beskerm wat moes getuig oor hoe Aurora meer as R500 miljoen in bates van die myne kon plunder.

Konsultante wat gehuur is om die myne in Grootvlei en Orkney te bestuur, sal waarskynlik ook aangekla word weens hul versuim om dokumentasie te verskaf.

Nie die direkteure van Aurora of die konsultante het die dokumentasie verskaf soos hulle belowe het nie, het Johan Engelbrecht, woordvoerder vir die gesamentlike likwidateurs wat die ondersoek lei, bevestig. Die likwidateurs beskou dié versuim as nog ’n poging om die ondersoek te vertraag, sê hy.

Mondelinge ondervragings is gehou om te probeer bepaal watter dokumente die ondersoekspan van Aurora vereis en sittings is uitgestel om Aurora tyd te gee om die dokumente in orde te kry.

Maar hoewel Aurora en sy regsverteenwoordiger, Ahmed Amod, onderneem het om die dokumente teen 15 September te lewer, het dit nie gebeur nie, sê Engelbrecht.

Die ooreenkoms oor die dokumente is toe geskrap om verdere vertragings te voorkom, bykomende koste te beperk en die ondersoek so gou moontlik af te handel.

Oor die moontlikheid dat Aurora se direkteure en konsultante aangekla gaan word, sê Engelbrecht die likwidateurs “behou hulle die reg voor” om aanklagte aanhangig te maak, maar bronne na aan die ondersoek het aan City Press, Rapport se susterkoerant, gesê hulle gaan aangekla word sodra die ondersoek afgehandel is om verdere vertragings te voorkom.

Pogings om telefoniese kommentaar van Zuma en Ngubane te kry het misluk, terwyl Mandela buite bereik was. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: jacob zuma  |  aurora  |  myne

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.