Zuma-neef moet R10 m. opdok, sê hof

2012-01-13 07:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die hooggeregshof in Pretoria het Khulubuse Zuma, voorsitter van die gelikwideerde Aurora Empowerment Systems, Donderdag gelas om meer as R10 miljoen aan die Protea Coin-groep te betaal.

Regter Ben du Plessis het dié bevel toegestaan nadat Protea Coin die hof genader het omdat die mynmaatskappy nie ’n skikkingsooreenkoms nagekom het nie.

Benewens die R10 034 198 moet Zuma, ’n neef van pres. Jacob Zuma, ook 15,5% rente op die bedrag betaal, terugwerkend tot 24 November 2010.

Hy is boonop gelas om die koste van Protea Coin se aansoek te dek.

Luidens hofstukke het Protea Coin in Mei 2010 met ’n aansoek vir die likwidasie van Aurora begin, maar het die maatskappy twee maande later ’n skikkingsooreenkoms met Aurora bereik.

Daarvolgens sou Aurora in Julie 2010 R250 000 aan Protea Coin betaal, gevolg deur ’n verdere R1 miljoen in Augustus en die orige R11,1 miljoen in September daardie jaar.

Zuma het ook belowe om Protea Coin van ’n persoonlike akte van borgstelling vir Aurora se skuldlas ten opsigte van die veiligheidsmaatskappy te verskaf, wat hy wel in Oktober 2010 gedoen het.

Volgens die voorwaardes sou die borg afdwingbaar bly totdat Aurora se pligte teenoor Protea Coin nagekom is.

Protea Coin het Zuma weer hof toe gesleep nadat sy maatskappy nie die ­R1 miljoen in Augustus 2010 of die res van die geld betaal het nie. Aurora is uiteindelik in Oktober verlede jaar gelikwideer nadat die hooggeregshof in Pretoria ’n likwidasie-aansoek van R9 miljoen deur Copper Eagle, een van Aurora se kontrakteurs, bekragtig het.

Aurora is aangestel om die bestuur van twee van Pamodzi se goudmyne – die Grootvlei-myn by Springs en die Orkney-myn – oor te neem nadat Pamodzi in 2009 gelikwideer is.

Aurora is verwyder nadat die maatskappy se direkteurs daarvan beskuldig is dat hulle die infrastruktuur by die myne vernietig het, wat daartoe gelei het dat meer as 5 300 mense hul werk verloor het.

’n Verhoor oor Pamodzi se likwidasie, waaronder die rol wat Aurora daarin gespeel het, is tans hangend voor die meester van die hooggeregshof. – Sapa

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: khulubuse zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.