Zuma ’n ‘gigolo’ en ‘promisku’

2010-02-05 06:17
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad - Poligamie is nie promiskuïteit nie. Dit is tyd dat pres. Jacob Zuma ’n voorbeeld stel en soos ’n staatshoof optree – nie soos ’n gigolo nie.

Met dié woorde het Mosiuoa Lekota, Cope-leier, Zuma gister gekap ná berigte dat hy sy 20ste kind verwek het by Sonono Khoza (39), dogter van Irvin Khoza.

Mnr. Khoza is die voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi en ’n jare lange vriend van Zuma.

Lekota het gesê Zuma se volgehoue rookskerm dat poligamie ’n Afrika-gebruik is, is nie meer aanvaarbaar nie. Hy was vir ’n lang tyd ’n “baie swak” rolmodel.

Sy optrede in ’n land met ’n hoë MIV/vigs-voorkoms is “hoogs onverantwoordelik” en “skandalig”.

Zuma sien duidelik niks verkeerd met sy optrede nie, maar dit is geen manier om ’n voorbeeld vir die jeug te stel nie.

“Sy optrede kan onder geen omstandighede geregverdig word nie. Suid-Afrika moet sy stem laat hoor en Zuma aansê om soos ’n president op te tree en nie soos ’n gigolo nie.”

Die ANC het Zuma, wat drie vroue het, verdedig en die media en politieke kommentators daarvan beskuldig dat hulle ’n berg uit ’n molshoop maak.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê Zuma het niks verkeerds gedoen nie – daar is niks “skandelik” daaraan as twee volwassenes ’n verhouding het nie.

“Ons sien nie ’n ooreenkoms tussen ANC-beleid oor MIV/vigs en die president se persoonlike verhoudings nie.”

Cobus Coetzee berig mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, het gister in Muldersdrift joernaliste aangesê om hul neuse uit Zuma se sekslewe te hou.

“Jy moet jou skaam omdat jy so ’n vraag vra, veral omdat dit oor ’n ouer persoon (Zuma) gaan,” het Malema berispe.

“Jy meng jou nie by die sake van oueres in nie. Zuma is ons vader en ons is nie gekwalifiseerd om daaroor (sy sekslewe) te praat nie.”

Ander politieke partye het Zuma veroordeel. Die ACDP het aanbeveel dat hy terapie vir seksverslawing ontvang, terwyl die Christen Demokratiese Party meen die president moet bedank.

Die Sunday Times het eergister berig Khoza se dogter is op 8 Oktober verlede jaar gebore.

Intussen is internetkletskamers en radiostasies gister warm geskryf en gebel oor dié nuus waaroor wêreldwyd berig is.

Op die Friends of Jacob Zuma-webwerf het ene Matome geskryf: “Asseblief, meneer die president, hou op om ons in die verleentheid te stel – u is 68 jaar oud! U kan nie aanhou rondslaap asof u getoor is nie.”

Fezile Mbuli het geskryf hy is “uiters teleurgesteld”.

“Trouens, Jacob Zuma het ’n las geword vir die goeie beeld en integ­riteit van ons beweging... Ek is die laaste tyd skaam om verbind te word met Msholozi.”

Ene Pat Stevens het op dieselfde webwerf geskryf dit is tyd dat mense ophou om hul neuse in ander se sekslewe te steek. “As die president sy slaapkamer met baie vroue wil deel, is dit sy eie, persoonlike saak.”

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  skandale

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.