Zuma moet sê oor bates

2010-03-08 06:18
Tweets Share Share line Print

lizel steenkamp

Kaapstad-Die vakverbond Cosatu het gister te midde van groeiende politieke onmin tussen hom en die ANC geëis dat pres. Jacob Zuma sy belange verklaar.

Die regerende party bevind hom opnuut in ’n geloofwaardigheidskrisis nadat dit aan die lig gekom het dat Zuma sedert sy inhuldiging in Mei verlede jaar nog nooit sy belange verklaar het soos wetgewing vereis nie.

Boonop het Die Burger se susterskoerant City Press onthul dat die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, glo belasting ontduik.

“As dit waar is, doen ons ’n beroep op die president om sy belange te verklaar soos wat die wet vereis. Dit is die ANC en die alliansie se plig om die leiding te neem en die regte voorbeeld te stel,” het  Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, gesê.

Mnr. Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het dié voorvalle as “die grootste verleentheid” tot nog toe vir die ANC beskryf.

“As dit inderdaad so is, watter boodskap stuur dit uit? Wat gaan aan met die regering en die leierskorps?”

OokPatricia de Lille, OD-leier, het gesê: “Óf die mense in sy kantoor is onbevoeg óf hy (Zuma) het gehoop niemand kom dit agter nie.”

Die Sunday Independent het gister berig dat Zuma bykans ’n jaar ná sy inhuldiging steeds nie sy belange verklaar het nie.

Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, het dit gister bevestig. “Daar heers onsekerheid oor die taalgebruik in die wet en of die president genoodsaak is om sy belange te verklaar.”

Volgens Magwenya win Zuma tans regsadvies oor die kwessie in. Die presidensie “werk egter kliphard daaraan” om ’n lys van al Zuma se belange op te stel en wanneer die antwoord van sy regspan ’n “onomwonde ja” is, sal die lys van belange gereed wees om ingedien te word.

Toe hy egter gepols is oor die feit dat oudpres. Thabo Mbeki wel sý belange verklaar het, wou Magwenya nie verder uitwei nie.

“Ek het geen bewyse dat Mbeki wel sy belange verklaar het nie. Dis nie my plek om iets daaroor te sê nie.”

Intussen het prof. Pierre de Vos, ’n regskenner aan die Universiteit van Kaapstad, gesê wetgewing is baie duidelik dat die president ook sy belange moet verklaar.

“Dit sluit alles in – ook die finansiële belange van sy vroue.”

Volgens De Vos is dit verstommend van Zuma, gegewe dat hy voorheen van korrupsie aangekla is. “Die klagte het juis daaruit gespruit dat hy geskenke ontvang het in ruil vir gunsies.”

De Vos het gesê die Openbare Beskermer kan gevra word om Zuma te ondersoek as hy aanhou weier om sy belange te verklaar.

Zuma het onlangs aan die parlementêre perskorps gesê ’n leefstyl-oudit vir politici is oorbodig omdat die regering wel maatreëls in plek het wat lede van die uitvoerende gesag, sowel as staatsamptenare, verplig om hul sakebelange, geskenke en bates te verklaar.

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het dieselfde standpunt verlede week in die parlement gehuldig.

Wat die wet sê:

Die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag van 1998 bepaal dat lede van die kabinet, insluitend die president en adjunkministers, premiers en LUR’e aan ’n etiese kode onderwerp word.

Luidens die etiese kode mag ’n lid van die uitvoerende gesag nie:

    * enige ander betaalde werk verrig nie;

    * hulself blootstel aan situasies wat kan lei tot ’n botsing van belange tussen hul private en amptelike hoedanighede nie;

    * hul posisies of die inligting tot hul beskikking gebruik om hulself of iemand anders te verryk nie; of

    * op ’n manier optree wat die integriteit en geloofwaardigheid van die regering in gedrang kan bring nie.

Voorts moet lede van die uitvoerende gesag:

    * al hul finansiële belange verklaar wanneer hulle in hul ampte aangestel word; en

    * enige finansiële belange wat hulle verkry het nadat hulle diens aanvaar het, openbaar maak.

Wat moet verklaar word?

    * Alle finansiële belange;

    * Geskenke;

    * Geborgde oorsese reise;

    * Pensioene;

    * Gasvryheid en ander materiële voordele wat die betrokke lid van die uitvoerende gesag of enigiemand met wie hy/sy ’n verhouding het, insluitend familie, ontvang.

- Die Burger

Lees meer oor: anc  |  politieke onrus

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

oupaoumascheepers sê... Belastingbetalers geld in die water ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.