Zuma 'moet jammer sê oor God-uitsprake'

2011-02-06 17:18
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê President Jacob Zuma hoort alle Suid-Afrikaners om verskoning te vra vir sy "gebruik van geloof om politieke punte aan te teken".

Die DA het gereageer op opmerkings wat Zuma Saterdag in Mthatha in die Oos-Kaap gemaak het.

Zuma het luidens berigte ‘n stem vir die ANC gelyk gestel aan ‘n keuse om hemel toe te gaan. ‘n Stem vir ‘n ander party sou wees “om die duiwel te kies”.

Volgens die DA het Zuma ook in sy toespraak gesê mense wat ‘n ANC-lidmaatskapkaart dra sal maklik by die hemel inkom.

“As jy vir die ANC stem, kies jy ook om hemel toe te gaan. As jy nie vir die ANC stem nie, dan moet jy weet jy kies ‘n man wat ‘n vurk dra... wat mense kook,” het Zuma gesê.

“As jy ‘n ANC-lidmaatskapkaart dra, is jy geseënd. As jy daarbo kom, is daar verskillende kaarte wat gebruik word, maar as jy ‘n ANC-kaart het, sal jy na die hemel deurgelaat word.”

Die DA het in ‘n verklaring gesê gewone Suid-Afrikaners sal Zuma se opmerkings aanstootlik en onaanvaarbaar vind.

“Sy woorde is opruiend en gevaarlik, aangesien hulle teen religieuse lyne af wil mobiliseer en sade van verdeeldheid in ons gemeenskappe strooi.

“Hierdie is ‘n daad van skaamtelose politieke- en religieuse afpersing – dié soort kullery mag dalk die norm in outokrasieë wees, maar daar is nie plek daarvoor in ons grondwetlike demokrasie nie.

“Mnr. Zuma moet onvoorwaardelik om verskoning vra vir dié opmerkings.”

- Volg Nuus24 op Twitter


 

- SAPA

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.