Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Zuma moet ingryp in De Doorns – Zille

2012-11-14 08:17
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het pres. Jacob Zuma gevra om in te gryp by die plaaswerkers se loondispuut in De Doorns, het haar kantoor gesê.

"Die gevolge van die huidige krisis sal baie erg wees vir die Wes-Kaap en die land as 'n geheel indien dit nie onmiddellik aangespreek word nie," het Zille in 'n brief aan Zuma gesê.

Zille het die president gevra om Mildred Oliphant, minister van arbeid, te vra om die situasie te hanteer.

Zille het ook 'n beroep op Cosatu gedoen om deel te neem aan besprekings sonder om geweld aan te hits.

"Dit is 'n skande dat 'n formele Cosatu-verklaring aangekondig het 'Marikana het na die plase gekom'."

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-voorsitter, het Woensdag gesê die doel van die samesprekings moet wees om beter lone en werksomstandighede vir werkers te beding.

Plaaswerkers in die De Doorns-gebied het verlede week begin staak en eis 'n daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande.

Pieter Groenewald, Vryheidsfront Plus-woordvoerder, het intussen Cosatu se oproepe vir geweld gekritiseer.

Groenewald het Dinsdag gesê hy gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) vra om die "korrektheid" van Ehrenreich se stellings te ondersoek.

Volgens hom het Ehrenreich na bewering aan plaaswerkers gesê: "Daar is reeds bloed op die plaaswerkers en tensy dit nie ophou nie, sal daar bloed op die boere van hierde plase wees.

"Ons sal die grond afneem en dit aan die regmatige eienaars gee. Ons is vandag hier om oorlog te verklaar. Ons is teen geweld, maar as dit is wat gedoen moet word om 'n slegte boer in 'n rigting te dwing, dan moet hulle in daardie rigting geslaan word."

Groenewald het gesê Ehrenreich het toe aan die plaaswerkers gesê dat diegene wat werkers soos honde behandel, geslaan moet word tot hulle stop.

Lt. kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê gebiede wat die ergste geraak word is De Doorns, Ceres, Robertson, Prince Alfred Hamlet en Somerset-Wes.

Die polisie het versperrings opgerig en verkeer is na alternatiewe roetes herlei.

'n Polisieman is Dinsdag gehospitaliseer nadat 'n betoger hom met 'n klip gegooi het. Altesaam 10 mense is Maandag in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en intimidasie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: de doorns  |  geweld  |  stakings
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jonny Stier sê... dJa, mors nog geld, dit groei mos op ons rue. NW se paaie is f...p want ddars nie geld om reg te maak nie, maar daar's altyd geld om een of ander d@@s te vernoem. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 17:57 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between Silver Lakes and Mamelodi East
  • Thursday Cresta - 17:57 PM
    Road name: Beyers Naude Drive Westbound
    DELAYS through Cresta towards the N1 Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.