Zuma moet gou sê oor kommissie se geldigheid

2011-11-04 09:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die geldigheid van pres. Jacob Zuma se huidige kommissie van ondersoek na die land se wapenaankope hang aan ’n draadjie.

Die konstitusionele hof se 11 regters het gisteroggend opdragte uitgereik dat Zuma onmiddellik – op die laaste vandag – ’n beëdigde verklaring by die hof moet indien – “as hy wil” – om sy standpunt te stel oor die regsgeldigheid en grondwetlikheid daarvan om sittende regters aan te stel om die kommissie te lei.

Dit kom nadat die plaaslike wapenaktivis Terry Crawford-Browne Maandag ’n beëdigde verklaring – waarin hy sê sy regsadvies is dit was regtens ongrondwetlik van Zuma om sittende regters as lede van die kommissie aan te stel – by die regters ingedien het.

Crawford-Browne het vroeër vanjaar, voordat Zuma sy kommissie aangekondig het, gevra die konstitu­sionele hof moet ’n bevel uitreik wat Zuma sal dwing om so ’n kommissie aan te stel.

Die aansoek word op 17 November aangehoor.

Nadat Zuma sy kommissie aangekondig het, het hy ’n verklaring by die konstitusionele hof ingedien om te vra Crawford-Browne se aansoek moet in die lig van die aangekondigde kommissie van die hofrol verwyder word.

Crawford-Browne wou nie sy aansoek terugtrek voordat die kommissie se lede en volle mandaat bekend gemaak is nie.

Nadat Jeff Radebe, minister van justisie, die kommissie se lede en mandaat bekend gemaak het, was Crawford-Browne steeds ongelukkig daaroor.

Hy het gesê een van die probleme is dit is ongrondwetlik, en nie in die belang van die publiek en die regspleging nie, dat dienende regters lede van so ’n kommissie is. Afgetrede regters behoort aangestel te word.

In Maandag se verklaring hetCrawford-Browne het Maandag gesê hy is nou bereid om sy aansoek terug te trek, maar net op voorwaarde dat die regters van die konstitusionele hof se regters ’n bevel uitreik waarin hulle dit duidelik laat blyk hulle vind dit grondwetlik aanvaarbaar dat dienende regters lede van die kommissie sal wees.

Zuma moet Vrydag op dié versoek van Crawford-Browne sy antwoord aan die regters gee.

Die gevolge van dié situasie is wydlopend. As die regters nie bereid is om aan Crawford-Browne se versoek toe te gee nie, sal die kwessie op 17 November moet voortgaan, en sal dit die kommissie, soos hy tans saamgestel is, in sy spore stuit totdat die konstitusionele hof uitspraak daaroor lewer.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.