Zuma misbruik mag - opposisie
2009-08-10 15:48
Johannesburg – Die leiers van vier van Suid-Afrika se opposisiepartye het president Jacob Zuma in ‘n brief beskuldig daarvan dat hy sy mag misbruik het toe hy die afgelope week vir Sandile Ngcobo as hoofregter genomineer het.
Die leier van die DA, Helen Zille, Cope se leier, Terror Lekota, die leier van die OD, Patricia de Lille en die IVP se leier Mangosuthu Buthelezi het Maandag ‘n gesamentlike verklaring uitgeryk en gesê die president se nominasie was "ongrondwetlik".
Dié vier partye sê Zuma het sy nominasie aangekondig voor hy hulle geraadpleeg het.
"Om nie die lede van hierdie instansies te raadpleeg voor so ‘n besluit geneem word nie, wys op ‘n misbruik van mag”, het die partye gesê.
Volgens hulle het die president eers ná hy sy nominasie aangekondig het met hulle daaroor geskakel.
Zuma ontken dat sy optrede ongrondwetlikl was en sê daar is niks in die grondwet wat hom verhoed om sy nominasie bekend te maak nie.
“ Ek het slegs vir Ngcobo as hoofregter genomineer, en ek het hom nog nie aangestel nie”, het hy gesê.
- SAPA