Zuma looi media se beriggewing

2011-06-16 07:17
Tweets Share Share line Print

Zuma

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma het hom Woensdag by Jimmy Manyi, die kabinetswoordvoerder, aangesluit deur die media se beriggewing oor die regering skerp te kritiseer.

Hy het koerante se dekking van die debat Dinsdag oor die presidensie se begrotingsrede voorgehou as voorbeeld van die media wat die regering se boodskap nie behoorlik aan Suid-Afrikaners oordra nie.

Volgens hom is daar eerder op die opposisie se aanvalle op hom as op die inhoud van sy boodskap gefokus.

“Daar is behoefte aan media wat ruimte skep vir rolspelers, ook die regering, om hul standpunte te stel en hul planne oor te dra, selfs al stem media- eienaars en redakteurs nie daarmee saam nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Kaapse koerantlesers kon gister nie ten volle lees wat in die debat gesê is en self ’n oordeel vel nie. “ ‘MPs launch attack on Zuma’, die Cape Times se hoofberig, fokus op wat die opposisie gesê het sonder om lesers ’n kans te gee om te lees wat in die eerste plek gesê is.

“Ons vertrou die media sal ernstig selfondersoek instel en sulke kwessies intern debatteer omdat hulle aantygings van skendings van persvryheid maak as sulke sake uitgewys word,” het Zuma gesê.

Dit volg op Manyi se uitlatings verlede week dat die staat “gefrustreerd is” omdat sy boodskap nie tot op grondvlak uitkom nie en hy net kritiese dekking kry.

Hy het Dinsdag in Durban bygevoeg die media is die “filter” waardeur die staat sy boodskap probeer oordra en dat dit onvoldoende is.

Die nuutste kritiek op die media word volgende week opnuut bekyk wanneer die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie ’n openbare verhoor oor diversiteit in die drukmedia hou.

- Zuma het in sy repliek amper geen kwessies gehanteer wat opposisiepartye tydens Dinsdag se debat gelug het nie.
Hy het in reaksie op kritiek oor sy hantering van mnr. Ju­lius Malema, ANC-jeugleier, net gesê dit moet met die ANC opgeneem word: “Ek is hier om die presidensie se begroting voor te lê.”

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  media  |  regering  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.