Zuma kry heli-blad, kliniek by huis

2009-12-04 08:47
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad - Die regering is besig om woonkwartiere, ’n kliniek en ’n helikopterlandingsblad by pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla in KwaZulu-Natal op te rig.

Die woonkwartiere moet die personeel wat na Zuma se veiligheid omsien, huisves. Die landingsblad word spesiaal gebou om te verseker Zuma kan veilig met ’n helikopter daar land. Die kliniek word só ingerig dat die president in ’n noodgeval eers gestabiliseer kan word.

Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, kon nie Donderdagaand sê hoeveel dié omvattende uitbreidings gaan kos nie. Hy het gesê die departemente van verdediging en polisie sal hiervoor betaal.

Die woordvoerders van albei dié departemente was gisteraand egter stomgeslaan omdat hulle glad nie van die projek bewus is nie. “Dis die eerste keer dat ek hiervan hoor,” het Zweli Mnisi, woordvoerder van die departement van polisie, gesê.

“Ek weet nie hiervan nie,” het Siphiwe Dlamini, kommunikasiehoof van die departement van verdediging, gesê.

Koketso Sachane, woordvoerder van die departement van openbare werke, het bevestig dié departement onderneem die bouwerk namens bogenoemde departemente. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Magwenya het gesê die bouwerk moes al jare gelede, toe Zuma adjunkpresident was, plaasgevind het. Dit het nooit gebeur nie. Die veiligheidspersoneel is sedertdien noodgedwonge in die president se private woning gehuisves.

Magwenya hou vol Zuma het nie vir die verbeterings gevra nie. “Die president sal in elk geval, nadat sy termyn verstryk het, geregtig wees op dieselfde veiligheid en mediese sorg as toe hy die amp beklee het.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  regering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.