Zuma-kroos: Ons is trots op ons pa
2010-02-05 08:49
Johannesburg - Pres. Jacob Zuma se kinders is "tevrede" om hul pa met "20 of meer" broers en susters te deel, het sy seun, Duduzane, Vrydag gesê.
"Ons as gesin is tevrede met die poligamiese aard van ons huishouding," het hy in 'n verklaring gesê.
"Ons is tevrede dat ons 20 of meer broers en susters het."
Duduzane het gesê sy pa het sy kinders se seën as hy nog toevoegings tot die kroos wil maak.
"Dit is my pa se reg binne die konteks van sy kultuur om soveel kinders te hê as wat hy wil."
Hy het gesê as 'n "burger" het sy pa die reg om "sy geloof te beoefen".
"As 'n Suid-Afrikaanse burger het my pa dieselfde reg op privaatheid en om sy geloof te beoefen nes enige ander landsburger."
Duduzane het gesê baie van die Zuma-kinders is volwassenes wat kan help om na die jonger kinders om te sien.
– Sapa