Zuma kristiseer staatsdiensstaking
2010-08-21 17:56
Ngilanyoni – Pres. Jacob Zuma het Saterdag die geweldadige staatsdiensstaking gekritiseer en gesê die lelike tonele wat tydens die staking vertoon was kan die land se beeld skaad.
“Selfs tydens ons veldtogte teen die apartheidsregering, het ons nie verpleërs verhoed om werk toe te gaan nie,” het Zuma gesê.
Zuma sê die feit dat ‘n vrou langs die straat geboorte moes gee is nie ‘n goeie beeld vir ‘n land nie.
‘n Vrou van Durban het Vrydag in ‘n parkeerarea geboorte geskenk nadat sy belet is om drie publieke hospitale binne te gaan.
Stakende staatsdienswerkers het skole gesluit, paaie versper en versperrings voor hospitale gevorm.
Vakbonde wil ‘n verhoging van 8.6% hê met 'n behuisingstoelae van R1000.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA