Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Zuma kós ons geld,’ sê Guptas

2011-03-06 06:51
Tweets Share Share line Print

Ajay en Atul Gupta glo hulle verloor miljoene rande oor die volgehoue negatiewe publisiteit oor hul vriendskap met pres. Jacob Zuma en sy familie.

In ’n onderhoud met Rapport se susterkoerant, City Press, in die Midrand-kantore van hul koerant, The New Age, het die geïrriteerde broers, omring deur hul sakevennote, Jagdish Parekh en Duduzane Zuma, gesê:

* Hulle dink nie die swartekonomiesebemagtigingstransaksie met die staalreus ArcelorMittal sal deur die maatskappy se aandeelhouers goedgekeur word nie;

* Die omset van Sahara, hul rekenaarmaatskappy, is in die vorige boekjaar met ’n miljard rand gehalveer weens negatiewe publisiteit; en

* Regeringsministers besoek hul luukse landgoed in Saxonwold, Johannesburg, as vriende en nie in hul amptelike hoedanighede nie.

Oor SEB:

Die Guptas ontken dat hulle bevoordeel word deur Suid-Afrika se wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die teenoorgestelde is waar, sê Ajay.

“Sahara het sy eie bemagtigingstransaksie beklink. Ons het 26% vir swart mense gegee en Nedbank het die transaksie gefinansier.”

Atul voeg by: “Ons almal weet die Gupta-familie het eers in 1993 op die toneel verskyn... ’n Mens kan eintlik sê ons is soos die Europeërs.”

Staatstenders:

Ajay: “Sou jy een sent in Sahara se boeke vind wat ek uit die regering gemaak het, ontbloot dit.”

Sahara was een van ses maatskappye wat gedurende die vroeë 2000’s ’n gedeeltelike tender in Gauteng gekry het.

Atul sê die maatskappy is “500 eenhede in 500 skole” toegeken en dat sy hart seer is oor hulle nie méér gekry het nie.

ArcelorMittal en Duduzane Zuma:

Gevra oor ’n moontlike belangebotsing met hóm wat raad gee oor die transaksie, het Ajay geantwoord:

“Hy (Lakshmi Mittal, ArcelorMittal-voorsitter) het my raad gevra toe hy die SEB-transaksies wou doen, en as ’n vriend. Dit het niks amptelik met ArcelorMittal Suid-Afrika te make nie.”

Ajay sê hy ken Mittal “baie goed”. Hy het Gupta gevra oor die moontlikheid van ’n “nuwe toetreder”.

“Ek het Dudu (Duduzane Zuma) voorgestel.”

In ruil vir finansiering van sowat $50 miljoen het hy (Ajay) gevra vir ’n aandeel in die konsortium.

Die V&A Waterfront-transaksie:

Die Guptas meen hul aandeel in die onlangse aankope word oordryf.

Ajay: “Ek bid ons kry ons ’n bie­tjie geld daaruit.”

Hul vriendskappe met kabinetsministers:

Ajay ontken regeringsbeleidsrigtings of -tenders word by hul Saxonwold-landgoed beklink, maar hy erken hulle het talle vriende onder politici.

Onder dié is Zuma, Tokyo Sexwale, minister van nedersettings (wat verlede Saterdag daar gekuier het om “Gogo-atjar” vir die Gupta-matriarg te bring en ’n Zoeloe-maaltyd saam met hulle te geniet), en Susan Shabangu, minister van mynwese.

Gevra hoekom ander topsakelui nie dieselfde toegang geniet nie, sê Ajay: “Want hulle wil die toegang hê vir ’n bietjie voordeel... Ek gebruik nie dié ding om kommersiële voordeel daaruit te trek nie.

“Daarom is mense meer gemaklik met my. Sou ek ’n minister uitvra oor sy begroting sal hy my nie weer groet nie.”

Ajay sê daar is ’n “mikroskoop” op die familie sedert Zuma in 2007 tot ANC-president verkies is.

- Rapport

Lees meer oor: jacob zuma
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... So Desmond, jy het nie die kop om 'n debatteerbare redenasie in teenstelling met dit wat ek gesê het, uit te spreek nie? Jy sien nie kans om my stellings enigsins te probeer weerlê nie? As dit wat jy hier sê dien as jou vermoë om jou anc-geit te verdedig, dan stel ek nie belang om met jou te praat nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Pretoria - 17:29 PM
    Road name: Simon Vermooten Road Northbound
    DELAYS between Lynwood Road and Waltloo Road
  • Wednesday Bedfordview - 17:27 PM
    Road name: N12 / R24 Westbound
    DELAYS on both routes towards Gilloolys Interchange due to an EARLIER accident before Linksfield Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.