Zuma kap skoolvakbond

2009-09-22 09:08
Tweets Share Share line Print

Midrand - Pres. Jacob Zuma het gister op die eerste dag van die vakverbond Cosatu se tiende na­sio­nale kongres hard en reguit gepraat oor gebreke in die onderwys en vakbonde se aandeel daarin.

Hy het die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) by name genoem en gesê swart kinders bring te min tyd in die klaskamer deur.

Meer as 2 600 afgevaardigdes van 21 vakbonde het by die Gallagher Estates-konferensiesentrum in Midrand geluister terwyl sprekers – onder wie Zuma, S’dumo Dlamini (Cosatu-president), dr. Blade Nzimande (SAKP-leier) en Zwelinzima Vavi (Cosatu-hoofsekretaris) – die regerende alliansie se lof besing het.

Zuma het sy toespraak gebruik om die ANC se gesag te bevestig en hul onversetlikheid oor sekere kwessies, soos die party se afkeer in vakbonde in die weermag, te benadruk.

Onderwys was hoog op die sakelys en elke spreker het in sy spreekbeurt daarna verwys.

Die ANC-leier, wat ’n luide ontvangs gekry het, het verwys na ’n verslag wat toon voormalige wit skole se onderwysers bestee ses en ’n half uur per dag in die klaskamer, terwyl hul swart eweknieë slegs drie en ’n half uur klasgee.

“Dit is ’n ernstige kwessie. Ons mag, sonder dat ons dit besef, dit wat apartheid daargestel het, handhaaf. Só skep ons ’n situasie waar arm skole en arm leerders agtergeblewe bly.”

Zuma het Sadou – die grootste vakbond in die onderwys – gemaan om ’n leerkultuur te vestig om te verseker skole word sentrums van uitnemendheid.

Nzimande het gewaarsku: “Ons sit op ’n tydbom.” Hy het syfers aangehaal om sy punt te staaf en gesê 2,8 miljoen jong mense tussen 18 en 24 jaar “sit by die huis en niksdoen”.

Nzimande het ’n skreiende aanval op oudregter Johann Kriegler gedoen en hom “arrogant en alwetend” genoem.

“Sommiges maak asof hulle die enigste bewakers van die Grondwet is...

“Terwyl ons besig was om dood te gaan (in die struggle), het sommige van hulle knus op die regbank gesit en apartheidswette afgedwing.”

Die grootste twispunt tussen die ANC en sy vennote is die kwessie rakende vakbonde in die weermag. Dlamini het driftig gesê nie eens die Mbeki-regering het gewaag om vakbonde in die weermag te verbied nie en Cosatu sal dié planne beveg.

Zuma het egter kort daarna met ’n breë glimlag gesê vakbonde in die weermag is op pad uit en die nuwe militêre dienskommissie gaan vakbonde vervang. “Ons is daarvan oortuig dis ’n kwessie van nasionale veiligheid.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.