Zuma 'is weer verkeerd geadviseer'

2011-11-07 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma is klaarblyklik weer verkeerd geadviseer oor die samestelling van sy kommissie van ondersoek na die aankoop van wapens – anders sou sittende regters waarskynlik nie as leiers van die kommissie aangestel gewees het nie.

So het prof. Pierre de Vos, grondwetkenner van die Universiteit van Kaapstad, gesê in reaksie op die tameletjie wat nou in die skoot van die regters van die konstitusionele hof beland het.

Die wapen-aktivis Terry Crawford-Browne van Kaapstad het ’n hangende geding teen Zuma oor die kommissie. Dié geding, wat ingestel is voordat Zuma sy kommissie aangekondig het, word op 17 November in die konstitusionele hof aangehoor.

Crawford-Browne het verlede Maandag hofstukke ingedien en onder meer sy kommer uitgespreek oor die feit dat sittende regters in die kommissie dien. Hy het gevra vir ’n bevel van die hof waaruit dit duidelik sal blyk dat die regters “kennis neem” van die feit dat sittende regters die kommissie gaan lei.

Zuma het Vrydag teruggekap en gesê Crawford-Browne kan nie in dié laat stadium met ’n nuwe argument by die agterdeur inglip nie.

“Pres. Zuma se betoog hou steek met die feit dat die kwessie van sittende regters in ’n kommissie soos dié ’n baie belangrike kwessie is wat nie sommer vinnig afgehandel kan word nie,” het De Vos gesê.

“Maar aan die ander kant het Crawford-Browne ook ’n baie belangrike punt beet as hy sê dat die vraagstuk oor sittende regters afgehandel behoort te word voordat die kommissie begin sit.

“Anders kan dit maklik gebeur dat belangrike getuies halfpad deur die sitting van die kommissie sê hulle weier om te getuig omdat die sittende regters bloot pionne van die regering is.”

Die ideale oplossing is dat die konstitusionele hof albei partye genoeg tyd gee om betooghoofde oor die sittende regters in te dien sodat die kwessie in die konstitusionele hof betoog kan word, al moet die verhoor uitgestel word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  wapenskandaal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.