Zuma is ’n groot flop! - betogers

2010-03-02 07:18
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul, André Damons en Jody Nel

‘Zuma is ’n groot flop.”

Dié kreet het Maandag oor die Vaaldriehoek, suid van Johannesburg, weergalm terwyl betogers in Boipatong, Boiketlong, Sebokeng, Thembelihle in Lenasia en Sharpeville betoog en wydverspreide woede oor swak dienslewering opgevlam het.

Die onluste het volgens insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder van Vanderbijlpark, omstreeks 05:00 begin toe paaie uit die woongebiede met klippe en brandende buitebande versper is.

Die polisie moes op verskeie plekke met rubberkoeëls losbrand om die orde te herstel.

Duisende mense het in verskillende plekke aan betogings deelgeneem, maar dit was volgens ’n gemeenskapsleier wat hom net as Baba voorgestel het, spontaan.

’n Polisiebeampte is in Boiketlong beseer toe hy die oggend deur ’n betoger in die bobeen geskiet is. Hy is na die Sebokeng-hospitaal geneem.

Volgens supt. Maria Mazibuku, Sebokeng-polisiewoordvoerder, het die betogers eers Waterdalweg in Boiketlong versper voordat die polisiebeampte geskiet en ’n trok van ’n goederetrein by die Houtheuwel-treinstasie langs dié plakkerskamp aan die brand gesteek is.

“Twee vroue is beseer toe die polisie met rubberkoeëls geskiet het om reg en orde te herstel.”

Die oproeriges het later Mo-shoeshoestraat in Sebokeng versper.

Treine van Metrorail is ’n geruime tyd vertraag omdat rommel eers van die treinspoor verwyder moes word.

’n Ander groep betogers het terselfdertyd Seisostraat in Sharpeville met brandende buitebande en klippe versper.

In Boipatong is twee polisievroue, insp. Michelle Stephenson en kapt. Ria Sibeko, lig beseer toe oproeriges hul voertuig van alle kante met klippe bestook het.

Verskeie winkels van buitelandse eienaars is hier geplunder en vyf mans is volgens Steyn in hegtenis geneem weens openbare geweld.

“Ons ondersoek ook ’n saak van opsetlike saakbeskadiging teen die klipgooiers wat die polisievoertuig van Stephenson en Sibeko erg beskadig het.”

Een van die winkeleienaars wat onder die woedende betogers deurgeloop het, was Maandagmiddag haastig besig om sy winkel te verlaat.

In Thembelihle het mense gekla omdat hul huise sedert die bestaan van dié township nie elektrisiteit het nie.

Volgens mnr. Simphiwe Segodi, ’n woordvoerder van die gemeenskap, is hul enigste opsie om krag te steel (van die straatligte se kragdrade).

’n Watertekort en die swak padtoestande is nog van die gemeenskappe se grootste klagtes.

Die Vaaldriehoek-townships was Maandagmiddag rustiger ná beloftes van ’n vergadering tussen die onderskeie gemeenskappe en regeringsverteenwoordigers, maar kleiner groepe was steeds oproerig.

“Ons is môre, oormôre en die dag daarna weer hier,” het die betogers belowe.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.