Zuma is geen pous nie, kap min.

2010-03-19 06:25
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper, Die Burger

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma is nie ’n pous nie, maar ’n mens met sterk en swak punte.

Met dié woorde het mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, Donderdag in die parlement vir die feilbare Zuma in die bresse getree en reguit gesê die ANC was in 2007 in Polokwane onder geen wanindruk toe hy Zuma tot leier verkies het nie.

Hy het ook uit die Bybel aangehaal wat lui dat ’n mens nie moet oordeel nie en eers die “balk uit jou eie oog” moet haal voordat jy die splinter in iemand anders se oog sien.

Radebe en dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het Donderdag tot Zuma se verdediging gekom toe ’n mosie van wantroue teen die president gedebatteer is.

Cope, wat die mosie ingedien het, het taamlik bedroë van die debat afgekom toe ’n gewysigde mosie van vertroue in Zuma se leierskap uiteindelik in die Na­sionale Vergadering aanvaar is.

Die party het veral onder Sisulu deurgeloop, wie se stellings by tye erg persoonlik was.

Sisulu het gesê Cope bestaan uit “permanent woedende” individue wat ’n demokratiese verkiesing verloor het.

Aan die party se parlementêre leier, eerw. Mvume Dandala, het sy gesê hy moet wegkom uit Cope omdat dit ’n vernietigende ba­kleiery om posisies is wat onder sy “biskopkleed” wettig verklaar word.

“Loop terwyl jy nog kan en gaan dien die kerk.”

Dandala, wat die debat ingelei het, het gesê Zuma het die eed wat hy met sy inhuldiging afgelê het op ’n flagrante wyse verbreek.

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het Cope se mosie gesteun en gesê Zuma se optrede, of gebrek daaraan, het Suid-Afrikaners se vertroue in hom ­geskaad.

Ook Patricia de Lille, OD-leier, en Bantu Holomisa, leier van die UDM, het die mosie gesteun.

Volgens De Lille was Suid-Afrikaners tot nog toe geduldig met Zuma, maar is die mense nou moeg om na sy gereelde verskonings te luister.

Holomisa het gesê sy party het nie langer vertroue in Zuma en die regering nie.

“Die voerbakke het nie verander nie – net die varke wat daaruit eet.”

- Die Burger

Lees meer oor: cope  |  jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.