Zuma is MIV-negatief
2010-04-25 16:14
Johannesburg - President Jacob Zuma is MIV-negatief, het 'n toets vandeesmaand op die land se leier getoon.
Zuma het die toets, sy vierde, op 8 April laat doen.
Hy het sy uitslae Sondag tydens die loods van 'n MIV/Vigs-veldtog by Natalspruit-hospitaal, oos van Johannesburg, aangekondig.
"Ek het besluit om my uitslae met Suid-Afrika te deel om openlikheid aan te moedig," het hy gesê.
"Ek is seker Suid-Afrikaners weet ek is baie oop."
Zuma, 'n poligamis met 20 kinders en drie vroue, het in 2006 in die spervuur gekom ná hy in die hof erken het hy het onbeskermde seks met 'n MIV-positiewe vrou gehad.
- Sapa