Zuma in die bek geruk

2011-07-30 07:39
Tweets Share Share line Print

Tien regters van die konstitusionele hof het gister eenparig bevind pres. Jacob Zuma se verlenging van hoofregter Sandile Ngcobo se termyn met vyf jaar was ongrondwetlik en dis gevolglik ongeldig.

Ngcobo het die verlenging van 15 Augustus tot 15 Augustus 2016 aanvanklik aanvaar, maar Zuma Woensdag in kennis gestel dat hy dit nie meer aanvaar nie.

Die tien regters het bevind die wetgewing waarop Zuma gesteun het om Ngcobo se termyn eensydig te verleng – art. 8(a) van die Wet op die Vergoeding van Regters – is ongrondwetlik. Dit is omdat dit die hoofregter uitsonder as die een regter wie se termyn Zuma na goeddunke kan verleng.

Dit bots met art. 176(1) van die Grondwet, het die regters bevind, omdat die hoofregter as regspreker in die konstitusionele hof geen spesiale posisie beklee nie. Hy is net so deel van die hof se regbank as enige van die ander tien regters van daardie hof en mag nie vir spesiale behandeling uitgesonder word nie.

Die tien regters het ook geweier om hul bevel van ongrondwetlikheid uit te stel om die regering kans te gee om die probleem reg te stel. Hul bevel van ongrondwetlikheid is onmiddellik van krag.

Dit is juis die feit dat Ngcobo ­Zuma se verlenging van sy termyn aanvanklik aanvaar het wat tot kritiek teen hom gelei het. Prof. Tom Coetzee, afgetrede regsdosent aan die Noordwes-Universiteit, het gesê Ngcobo se aanvaarding van Zuma se aanbod is op sigself “onder verdenking”.

“Zuma se aanbod moes nooit gedoen gewees het nie. Ngcobo moes dit nooit aanvaar het sonder om seker te maak dat dit aan die vereistes van die Grondwet voldoen nie.

“Wat my betref, tree regter Ngcobo dus ook nie met skoon hande uit die stryd nie. As hoofregter van die hoogste hof oor grondwetlike sake moes hy van beter geweet het as om die aanbod te aanvaar sonder om navorsing oor die grondwetlike implikasies te doen.”

Sowel Coetzee as prof. Marinus Wiechers, voormalige regsdosent aan Unisa en grondwetkenner, het hulle sterk uitgespreek daaroor dat Zuma en Jeff Radebe, minister van justisie, se regsadviseurs “van meet af aan klaarblyklik niks gedoen het om die ongrondwetlikheid van die situasie te keer nie”.

Wiechers meen dit is skokkend.

“Dit wek die indruk dat die ANC aan die hand van sy Vryheidsmanifes regeer en nie aan die hand van die Grondwet nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: sandile ngcobo  |  jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.