Zuma in Kopenhagen
2009-12-17 19:37
Johannesburg -President Jacob Zuma het Donderdag in Kopenhagen aangekom om die laaste twee dae van die Verenigde Nasies (VN) se beraad oor klimaatsverandering by te woon.
"Pres. Zuma sal Vrydag by oor die 100 wêreldleiers aansluit om die besluite en gevolgtrekkings wat tydens die beraad gemaak is, aan te hoor,” het die Suid-Afrikaanse presidensie luidens ‘n verklaring gesê.
Daar word gehoop dat die beraad met ’n diplomatieke ooreenkoms afsluit wat koolsuurproduksie sal inperk en die negatiewe invloed van klimaatsverandering sal vermy.
Zuma sal ook Donderdagaand ‘n gala wat deur Koningin Margrethe van Denemarke aangebied word, bywoon.
-Sapa