Zuma het glo Shaik-aansoek, en de Kock gesien

2010-01-11 15:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die DA het Maandag heftig reageer nadat president Jacob Zuma tydens ‘n televisieonderhoud ontken het dat Schabir Shaik aansoek gedoen het om presidensiële kwytskelding.

Luidens ‘n verklaring uitgereik deur die DA het Zuma glo tydens ‘n onderhoud gesê dat hy nie kan reageer op die vraag of hy presidensiële kwytskelding aan Shaik sal verskaf nie, omdat Shaik nooit aansoek gedoen het daarvoor nie.

“Ek het niks voor my nie. Eers as daar ‘n aansoek voor my is kan jy my vra. Hoekom moet ek reageer as ek nie eers ‘n aansoek ontvang het nie?” het Zuma tydens ‘n onderhoud op e.tv gevra.

Volgens die DA het hulle egter op 19 Oktober 2009 vasgestel dat Schaik aansoek gedoen het.

“Die presidensie het Schaik se aansoek verlede jaar in ‘n verklaring bevestig. Ons het ‘n kopie van daarvan uitgereik,” het die DA Maandag gesê.

Die opposisieparty bevraagteken Zuma se optrede en wou ondermeer weet of hy net “vergeet” het daarvan of “eenvoudig net nie die waarheid” praat nie.

Eugene de Kock:

Die presidensiële woordvoerder het Maandag ook bevestig dat Zuma wel verlede jaar ‘n ontmoeting met die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde apartheidsera-moordenaar Eugene de Kock gehad het.

 “Dit was in April verlede jaar. Hy het ‘n versoek gemaak om die president te sien en dit is toegelaat. Ek kan nie die inhoud van die besprekings bekendmaak nie,” het Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder gesê.

– Sapa
 

Lees meer oor: zuma  |  jacob  |  schabir shaik  |  sa-politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.