Zuma gooi wal oor Pretoria en misdaad

2010-02-17 08:53
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma het Dinsdag op ’n dramatiese dag in die parlement probeer terugkap teen die vlaag van kritiek wat sy staatsrede verlede week ontlok het.

Die president het hom onder meer uitgelaat oor Pretoria se naam, die nasionalisering van myne en die stryd teen misdaad.

Parlementslede van drie opposisiepartye het boonop later gistermiddag uit die Nasionale Vergadering (NV) gestorm en die vakbond Solidariteit is by Tuynhuys verjaag toe hulle duisende protesbriewe oor misdaad aan Zuma se kantoor wou oorhandig.

Zuma het vroeër die dag in sy toespraak gemaan remme moet aangeslaan word met die skynbare gretigheid om Pretoria se naam te verander. “Die regering het vroeër besluit daar moenie gehaas word om Pretoria se naam te verander nie, want dit is die hoofstad van ons land.”

Hy het dr. Pieter Mulder, VF-+leier en adjunkminister van landbou en visserye, se “konstruktiewe” bydrae in die soeke na ’n werkbare oplossing geloof.

“Dis nie ’n eenvoudige kwessie nie. Dis ’n emosionele kwessie, nie net vandag nie, maar ook destyds toe dit na Pretorius genoem is. Dit is waarom ons nugter daaroor moet wees, almal van ons. Ons moet bereid wees om te neem en te gee. Dis ’n nasionale kwessie wat van leiers vereis om te dink en verantwoordelike besluite te neem.”

In reaksie op kritiek het Zuma gesê: “Dis nie nodig dat enigiemand die president verdedig nie; ek het presies geweet wat ek in die staatsrede wou sê en ek hét dit gesê.” Hy het uitgevaar teen kritiek dat sy staatsrede min om die lyf gehad het en gesê dis sy ministers se werk om besonderhede te gee.

Oor misdaad het Zuma gesê: “Ons het ten volle begrip vir Suid-Afrikaners se gevoel en standpunte oor misdaad en korrupsie. Om dié rede het ons die afgelope nege maande hard gewerk om die strafregstelsel te hersien en (die land) meer sigbaar en kragdadig te polisieer.”

Hy het onderneem om binnekort met direkteurs-generaal en met gesondheids- en maatskaplike werkers te vergader om beter dienslewering te verseker.

Die besluit om die staatsrede in die aand te lewer was volgens Zuma hoogs suksesvol nadat meer as 3,8 miljoen mense – dubbel soveel as verlede jaar – dit op TV gehoor het.

- Beeld

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  2010 staatsrede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.