Zuma gelooi oor Malema

2011-06-15 08:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Julius Malema, ANC-jeugleier, is nou ’n besliste nasionale politieke twispunt.

Pres. Jacob Zuma het Woensdag uitdrukkingloos gesit toe hy deur opposisie-politici gewaarsku is dat Malema se uitsprake tydens die munisipale verkiesing ernstige gevolge vir nasiebou en stabiliteit kan inhou as dit net so gelaat word.

Athol Trollip, DA-leier, Mosiuoa Lekota, Cope-leier, én dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het in die debat oor die presidensie se begrotingsrede – wat Zuma in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê het – verwys na Malema se uitsprake buite Kimberley dat wit mense misdadigers is omdat hulle grond van swart mense gesteel het.

Zuma het geen reaksie getoon nie toe Trollip aan hom gesê het “die uiters opruiende en verdelende” uitlatings deur Malema is onaanvaarbaar. Wat dit volgens Trollip erger maak, is dat Zuma bloot reageer deur te sê sy idees moet met hom gedebatteer word.

“Wanneer hy dan wel uitgedaag word, gooi hy die spreekwoordelike vloermoer en weier om te debatteer!”

Lekota was meer reguit en het gesê Zuma het die verpligting wat die Grondwet op hom plaas – om nasiebou en eenheid te bevorder – geminag omdat hy nié teen Malema opgetree het ná sy Kimberley-uitlatings nie.

“Daar is niks méér strydig met die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela of die gees van die Grondwet as sulke uitlatings nie. Die president, deur nie iets te sê nie, is in der waarheid aandadig aan Malema se gedrag.

“Enige land wat sy jeugdiges leer om ander te haat nét omdat hul gelaatstrekke ligter as myne is, of om die reg van iemand om ’n lied te sing waarin hy vra dat ander landsburgers geskiet word verdedig, is in gevaar om die pad van Rwanda te loop.

“U, meneer die president, het dit toegelaat, aangemoedig en die vryheidstryd, ons nasie en Afrika in die steek gelaat,” het Lekota gesê.

Mulder het op dié tema voortborduur: “Begrafnisplakkate vir me. Albertina Sisulu het gelui: ‘Albertina Sisulu: nasiebouer en onselfsugtige leier.’ Kan jy jou ’n plakkaat voorstel met: ‘Julius Malema: nasiebouer en onselfsugtige leier’ ”

Hy het gevra of daar te veel aandag aan Malema gegee word, maar gesê hy kan nie geïgnoreer word nie omdat daar oorgenoeg voorbeelde van lande is waar uitsprake deur populistiese leiers tot konflik gelei het.

“Is dit ’n krisis?

“Ja, as sulke probleme geïgnoreer word, sal dit een word en verhoudings tussen Suid-Afrikaners permanent beduiwel.”

Dene Smuts (DA) het in die debat aangedui sy sal Zuma amptelik versoek om die voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting terug te stuur wetgewer toe indien dit nie genoeg aangepas word nie. Sy het hom daaraan herinner sy eie regsprobleme het tot ’n einde gekom toe sy regspan toegang tot geheime inligting gekry het. Onder dié wet sou die besit en gebruik daarvan onwettig gewees het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.