Zuma gekap oor Malema, 5 departemente

2011-12-18 06:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Cassel Mathale, premier van Limpopo, het Saterdag die eerste salvo afgevuur teen pres. Jacob Zuma, ANC-leier, in die aanloop tot die ANC se verkiesingskongres volgende jaar.

Mathale het aan die begin van Limpopo se provinsiale verkiesingskonferensie verskeie besluite gekritiseer wat met Zuma verbind word.

Hy het onder meer uitgevaar oor die skorsing van Julius Malema as leier van die ANC-jeugliga en die kabinet se besluit om vyf departemente in Limpopo onder staatsbestuur te plaas.

Mathale het skerp kritiek gelewer in sy provinsiale politieke verslag wat aan meer as  1 000 afgevaardigdes by die Universiteit van Limpopo voorgelê is.

Hy het onder meer gesê dat die jeugliga getug moet word as die organisasie foute begaan, maar dat “drakoniese stappe” onnodig is.

Mathale het ook gewaarsku dat die jeugliga dikwels die “uitkoms van die ANC se politieke byeenkomste bepaal”.

Talle ANC-lede meen Malema se skorsing van vyf jaar is te erg en hulle sien dit as ’n poging van Zuma om sy politieke teenstanders uit te skakel.

Malema het Saterdag in die voorste ry op die verhoog saam met senior provinsiale en nasionale ANC-leiers gesit.

Intussen het honderde ondersteuners van Mathale, wat staan vir herverkiesing as provinsiale ANC-voorsitter, gedans en Zuma singend gespot.

Hulle het onder meer verwys na Zuma se opmerkings tydens sy destydse verhoor op aanklag van verkragting dat hy ná seks gestort het om te verhinder dat hy die MI-virus opdoen.

Konferensie-afgevaardigdes wat Mathale se teenstander, dr. Joe Phaahla, adjunkminister van kuns en kultuur, steun, het gesing en die handgebaar gemaak soos wanneer die skare wil hê ’n plaasvervanger in sokker moet opgestuur word.

Dit is dieselfde gebaar wat gebruik is toe sommige afgevaardigdes in 2007 wou hê pres. Thabo Mbeki moes vervang word.

Teen Saterdagmiddag het dit gelyk asof die provinsiale verkiesingstryd kop-aan-kop is. Die stemmery sou Saterdagaand begin. Adj.pres. Kgalema Motlanthe is luid toegejuig toe hy die konferensie geopen het.

Hy het gewaarsku dat goeie regering in Limpopo gekortwiek sal word as die groep wat wen die ander groep marginaliseer en van regeringsposte uitsluit. As afgevaardigdes volgens voorafopgestelde lyste stem, kan die beste leiers vir die provinsie uitgesluit word.

Die gebruik van dié lyste – waar elke faksie sy kandidate vooraf uitstippel – het in 2007 in die ANC begin.
Motlanthe het gewaarsku die lyste veroorsaak ’n geskarrel om leiers­posisies en het gevra dat die strydende faksies “opmaak” in belang van die land.

Te midde hiervan was die verdeeldheid duidelik in die stampvol Onkgopotse Tiro-saal en op die verhoog. Malema het aanvanklik langs Mathale gesit en was minstens een stoel weg van sy politieke vyand, Joe Maswanganyi, sekretaris-generaal van die ANC in Limpopo.

Maswanganyi het later stoele met Malema geruil om langs Mathale te sit, waar hy ingevolge protokol hoort.

Malema en Maswanganyi het glad nie gepraat nie en skaars na mekaar gekyk.

Dit was te midde van afgevaardigdes wat mekaar om die beurt uitgejou het.

- Rapport

Lees meer oor: jacob zuma  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.