Zuma gaan protesbriewe nou in ontvangs neem

2010-03-04 07:21
Tweets Share Share line Print

Hilda Fourie

Johannesburg - Pres. Jacob Zuma sal Dinsdag self Suid-Afrika se protesbriewe oor misdaad in ontvangs neem.

Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gister gesê Zuma het aan hom bevestig dat hy dié briewe, wat in die tussentyd tot 55 000 toegeneem het, self by Tuynhuys in Kaapstad sal ontvang.

Solidariteit het dié veldtog van stapel laat stuur waarmee Suid-Afrikaners Zuma in protesbriewe vra om misdaad sy eerste prioriteit te maak.

Dít was om protes aan te teken teen die min tyd wat misdaad in die president se staatsrede gekry het.

Zuma se kantoor het drie weke gelede geweier om die sowat 23 000 briewe te ontvang wat binne twee dae bymekaar gemaak is.

Daarna het Solidariteit ’n video “met die stories van mense wat die president nie wou hoor nie” bekend gestel.

Hermann het gesê Solidariteit hoop om teen Dinsdag 100 000 briewe aan Zuma te oorhandig.

“Die mense was uiters teleurgesteld daaroor dat die presidensie nie die briewe wou aanvaar nie.

“Hulle het gevoel dit is ’n klap in hul gesig.

“Dit het mense egter meer vasberade gemaak om hul boodskap oor te dra,” het Hermann gesê.

Mense wat nog briewe wil skryf, kan dit doen by www.geagtebriewe.co.za of deur die woord “misdaad” te SMS na 35960.
’n SMS kos R3.

Vincent Magwenya, ­Zuma se woordvoerder, het bevestig dat die president die briewe in ontvangs sal neem.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.