Zuma gaan na Libië om konflik op te los

2011-03-16 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma gaan binne enkele dae saam met vier ander staatshoofde na Libië om as bemiddelaars in die konflik tussen rebelle en die regime van kol. Muammar Gaddafi op te tree.

“Die situasie is besig om in ’n burgeroorlog te ontaard,” het Suid-Afrika se adjunkminister van internasionale sake, Marius Fransman, Dinsdag in die parlement aan die media gesê.

Zuma is deel van ’n hoëvlakpaneel wat deur die Afrika-unie (AU) afgevaardig is om die situasie op grondvlak waar te neem.

Die ander lede van die komitee bestaan uit die staatshoofde van Mauritanië, Kongo (Brazzaville), Mali en Uganda.

Fransman kon Dinsdag nie bevestig of die paneel ook met Gaddafi gaan praat nie.

Intussen het die ministeriële woordvoerder, Clayson Monyela, bevestig Suid-Afrika is besig om ’n resolusie van die VN dat bates van die Gaddafi-regime bevries moet word, in werking te stel.

“Die sleutelsaak is dat geld Suid-Afrika nie moet verlaat en beland in die hande van mense wat in die resolusie geïdentifiseer word nie.”

Volgens Monyela het die ministerie briewe aan alle tersaaklike departemente en finansiële instellings geskryf om seker te maak die resolusie word toegepas.

Volgens Fransman het die AU se Veiligheidsraad op ’n vergadering in Ethiopië besluit om ’n afvaardiging na Libië te stuur.

“Rebellemagte wat aan die terugval is, kla oor die gebrek aan tasbare ondersteuning van buitelandse regerings en vrees verdere aanvalle van die Libiese leër en pro-regime- magte. Suid-Afrika ondersteun die AU se beroep dat lugaanvalle onmiddellik gestaak word.”

- Die Burger

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  jacob zuma  |  libië

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.