Zuma gaan Zim-kwessies lig
2009-08-27 16:58
Kaapstad - President Jacob Zuma gaan binne die volgende twee dae 'n besoek aan Zimbabwe aflê om sekere twispunte onder die eenheidsregering met die eersteminister Morgan Tsvangirai te bespreek.
"Die feit van die saak bly staan dat die eersteminister na Suid-Afrika gekom het om dié kwessies aan die lig te stel wat ek weer met die fasiliteerders gaan bespreek het,” het Zuma Donderdag aan verslaggewers by Tuynhuys vertel.
"Ek sal die kwessies defnitief met die leiers van Zimbabwe moet bespreek.”
Zuma het gesê die Zim-kwessie sal vanselfsprekend by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), wat volgende week in Kinshasa plaasvind, bespreek word.
Zuma is tans voorsitter van SADC, wat oorgang na die eenheidsregering tussen Mugabe en Tsvangirai aangehelp het.
Die Suid-Afrikaanse president het gesê die SADC-leiers "verwag" om te hoor watter branpunte in Zimbabwe al aangeraak is.
Zuma sal gedurende sy besoek vir Robert Mugabe aanspreek oor sy voorgenome plan om die voormalige hoof van die reserwebank, Gideon Gono, weer aan te stel.
Gono was in beheer van sake toe die Zim-dollar verswak het.
Zuma gaan Harare se 99ste lanbouskou ook bywoon.
- Sapa