Zuma en sy kabinet toets hul vir vigs

2010-03-12 06:56
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani, Die Burger

Kaapstad-Pres. Jacob Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe en die hele kabinet gaan hulle vir MIV/vigs laat toets.

Die uitslae van die toetse sal egter nie bekend gemaak word nie tensy die betrokkenes toestemming gee, het Themba Maseko, hoofregeringswoordvoerder, gister gesê oor die regering se ’n nuwe plan om 15 miljoen Suid-Afrikaners teen Junie aanstaande jaar vir MIV/vigs te toets.

Tans word sowat 2 miljoen mense per jaar vir dié virus getoets.

Alle afgetrede mediese kundiges – onder wie dokters, verpleërs, aptekers – en selfs mediese studente in hul finale jaar en die weermag sal ingespan word om te help met die toetse en berading.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het later gesê die regering sal nie jaar na jaar kan volhou om die begroting vir teenvigsmiddels te verhoog nie. Daarom sal baie groter klem op voorkomingsprogramme gelê word deur middel van inligting, onderrig, die verspreiding van kondome en die mobilisering van miljoene Suid-Afrikaners om te weet wat hul MIV/vigs-status is.

’n Dienspunt waar alle pasiënte hulle kan laat toets, sal by die ingange van alle gesondheidsinstellings beskikbaar wees. Dié geriewe sal toegerus wees om MIV-toetse te doen en teenvigsmiddels te verskaf.

Die veldtog sal op 15 April in Gauteng bekend gestel word.

Motsoaledi het gesê hy weet die regering se plan om die infeksiesyfer teen aanstaande jaar te halveer, klink soos om die berg Everest uit te klim. “Dit is nie kinderspeletjies nie, maar ons moet deurdruk.”

Hy het reeds briewe aan afgetrede mediese personeel geskryf en hulle aangemoedig om hulle by hul naaste gesondheidsgeriewe te registreer.

“Ons wil hulle spesifiek aanwend vir die vrywillige toetse en berading. Enige afgetrede dokter en verpleër sal weet hoe om dit te doen en ook hoe om die vingerprik-toets te doen.”

Die nie-regeringsektor het reeds 9 000 leke-beraders verskaf, maar hulle gaan hulp nodig hê.

“Ons benodig duisende van hulle. As ons universiteite hul finalejaarstudente vir net vyf dae aan ons beskikbaar kan stel, sal dit goed wees.”

Motsoaledi sal oor twee weke meer besonderhede oor die nuwe plan bekend maak.
 

-Die Burger

Lees meer oor: hiv vigs  |  kabinet

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Dpe eienaars van die galery behoort die ANC ook aan te kla vir aanhitsing tot geweld en intimidasie. Die kunstenaar het nooit gese dit is Zuma nie, dit was n' kwessie van n' skoen wat pas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.