Zuma en nog 10 druip met ’n F

2011-12-13 07:27
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – As pres. Jacob Zuma en sy kabinet ’n matriekklas was, sou bykans ’n derde van hulle vanjaar gedop het.

In die DA se jaarlikse rapport oor hoe die kabinet in 2011 gevaar het, is ’n F-simbool aan Zuma en tien van sy ministers toegeken.

Dit sluit in Sicelo Shiceka en Gwen Mahlangu-Nkabinde, wat verlede maand onderskeidelik as minister van samewerkende regering en van openbare werke uit hul poste geskop is.

Zuma self “druip” die toets as president, onder meer weens die land se voortgesette hoë werkloosheidsyfer, sy aanvalle op en “verpolitisering” van die regbank, sowel as binnegevegte in die ANC wat volgens die DA sy aandag van landsake aftrek.

Slegs Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het ’n A-simbool “verwerf”. In die verslag word sy as een van die mees hardwerkende ministers beskryf.

Drie van haar kollegas het ’n B-simbool behaal: Pravin Gordhan, minister van finansies, Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, en Trevor Manuel, minister van nasionale beplanning in die presidensie.

Ander ministers wat F-simbole behaal het, is:

Siyabonga Cwele (staatsveiligheid) vir sy rol in die deurdryf van die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat wyd beskou word as ’n poging om die media te muilband;

Tina Joemat-Pettersson (landbou, bosbou en visserye), wat onder skoot was weens haar duur hotelverblyf;

Nathi Mthethwa (polisie) is gekritiseer vir die “verswakkende gehalte van die polisiediens”;

S’bu Ndebele (vervoer) sukkel om die agterstand in die onderhoud van paaie in te haal;

Gugile Nkwinti (landelike ontwikkeling en grondhervorming) het misluk met grondhervorming en sukkel met grondeise;

Ebrahim Patel (ekonomiese ontwikkeling) is daarvan beskuldig dat hy deur ideologie gedryf word en die ekonomie in ’n verkeerde rigting stuur;

Collins Chabane (presidensie) hou nie sy kollegas toerekenbaar genoeg nie; en

Lulu Xingwana (vroue, kinders en mense met gestremdhede) is gekritiseer weens haar vele reise en “gebrek aan oordeel”.

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gesê ministers is nie net beoordeel op grond van hoe goed hulle hul eie beleid toegepas het nie, maar ook die gehalte van die beleid self ten einde Suid-Afrikaners se lewe te verbeter.

Hulle is verder gemeet aan hul aanwesigheid in die parlement, hoe goed hulle hul portefeulje bestuur, hul gedrag en hul toewyding aan toerekenbaarheid binne hul departement.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.