Zuma dra dag op aan Struggle

2009-12-17 08:23
Tweets Share Share line Print

Jeanne-Marié Versluis

Johannesburg - “Ons het gedink die ANC het van ons vergeet, maar hy het onthou. Nou voel my hart beter.”

So het Anna Maseko (63) van Mamelodi-Wes in Pretoria gister gesê nadat pres. Jacob Zuma ’n landsvlag en ’n sertifikaat ter ere van Ezekiel, haar oorlede man, aan haar oorhandig het. Zuma het dié eerbewyse oorhandig aan die families van altesame 123 afgestorwe Gautengse vryheidsvegters in die apartheidsera. Altesame 60 lewende veterane is ook vereer.

Die vegters se name gaan op die Muur van Name by Vryheidspark in Pretoria gegraveer word.

Sowat 1 000 mense het die vieringe op Vryheidspark se snikhete koppie in die skadu van twee reuse-tente bygewoon.

Zuma het gesê vanjaar se Versoeningsdag word opgedra “aan die vergete helde in ons land se vrymaking, ons militêre veterane”.

Van die genooide gaste was in tradisionele drag en ander was gedas en gepak.

Verskeie dans- en sanggroepe, soos die Golden Youth Club van die Winterveldt, het springbokvelle om die skouers gehad en luid trom geslaan.

Maseko, wie se man in die Kerkstraat-bomontploffing in 1983 dood is, het aan Beeld gesê: “Ek is so trots. Ons het gedink mense het ons vergeet. Toe hy dood is, is ek met vyf kinders agtergelaat. Dit is erg as niemand jou loof vir jou werk nie,” het sy oor haar man gesê.

’n Landsvlag is ook ter ere van Philip Maseko, Maseko se neef, aan die familie oorhandig. Philip Maseko is in 1984 dood.

Sy dogter, Sibongile Maseko, het gister gesê die familie voel geëerd om “ná so ’n lang tyd van swaarkry erken te word”.

Haar pa was ’n uitgewekene in Swaziland en Tanzanië. Sy gaan die vlag in haar huis hou.

Zuma het gesê vryheidsvegters wat in ballingskap was, is met waardigheid en vriendskap in Zambië, Mosambiek, Angola, Uganda, Ethiopië en Algerië behandel.

Ná hul terugkeer het hulle die vergete helde van die struggle geword.

Talle leef in armoede in ’n land waarvoor hulle soveel opgeoffer het.

Om die militêre veterane se swaarkry te verlig, het die regering onlangs ’n taakspan aangestel vir die bestuur van dié mense se sake.

“Van die dienste vir veterane waarna gekyk word, is onderwys en opleidingsgeleenthede, maatskaplike dienste, gesondheid en ekonomiese bemagtiging,” het Zuma gesê.

Die taakspan se verslag sal vroeg volgende jaar aan die kabinet voorgelê word.

“Voormalige vryheidsvegters kwalifiseer nie vir die Oorlogsveterane-toelae nie, wat voorsien word aan voormalige SAW-veterane wat in die twee Wêreldoorloë en die Koreaanse oorlog geveg het,” het hy gesê.

“Ons verwag dat die Wysigingswetsontwerp op Spesiale Pensioene op ’n sekere manier sal help om probleme rondom spesiale pensioene op te los.”

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 FSi Sportline
2006
R 185,400.00

AUDI

A4 2.0 TFSi Quattro
2008
R 279,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2003
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.