Zuma daag nie op vir Mandela-viering
2010-02-11 14:02
Kaapstad – Talle van die land se mees invloedryke leiers het Donderdag saam uitgestap by die hekke van die Drakenstein-gevangenis gedurende die viering van Nelson Mandela se vrylating uit die tronk 20 jaar gelede.
Van die mees prominente bywoners was adjunk-president Kgalema Motlanthe, Zwelinzima Vavi, die leier van Cosatu, Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, talle ministers van die kabinet en ander ANC-leiers.
Die groep van duisende ANC-ondersteuners was wel teleurgesteld dat twee van die mees senior-figure teen middagete nog nie opgedaag het nie – president Jacob Zuma en Winnie Madikizela Mandela.
Lees die volle berig by iol