Zuma betoon medelye aan China
2010-08-16 16:13
Pretoria – President Jacob Zuma het Maandag sy medelye uitgespreek aan president Jintao van China ná die modderstortings wat tot die dood van 1 248 mense in Zhouqu gelei het.
“Ek wil namens die regering en mense van Suid-Afrika ons diepste medelye aan u eksellensie, die regering en mense van China uitspreek,” het Zuma in ‘n verklaring gesê.
“Veral aan die families van die mense wat geraak is en steeds vir hulp wag gedurende hierdie tyd van groot hartseer.”
Sowat 496 ander mense is tydens die modderstortings, wat Saterdagaand begin het, as vermis aangemeld, het AFP Maandag berig.
Die modderstortings in Zhouqu is die jongste in ‘n string weer-verwante rampe in China.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA