Zuma kyk na verslag oor polisiehoofkwartiere
2011-08-07 22:48
Kaapstad – President Jacob Zuma se kantoor sê hy is besig om
die verslag van die Openbare Beskermer oor twee huurkontrakte vir nuwe
polisiehoofkwartiere stelselmatig te bestudeer.
Die Presidensie het gereageer
op die DA se bewering dat Zuma oor die saak swyg en geen toepaslike stappe
gedoen het nie.
Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, sê Zuma het
die media verlede Donderdag in kennis gestel dat hy die verslag aan die Speaker
van die Parlement gaan voorlê.
Die DA het Sondag aangekondig dat hy
strafregtelike aanklagte gaan lê teen Bheko Cele, polisiekommissaris, die
Minister van Openbare Werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, die sakeman, Roux Shabangu
en die direkteur-generaal van Openbare Werke, Siviwe Dongwana.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.