Zuma besoek snelbus-passasiers
2010-05-21 11:15
Johannesburg – President Jacob Zuma het snelbus-passasiers in Soweto Vrydag verras met ‘n onverwagse besoek aan die Thokozapark-busstasie, het sy woordvoerder gesê.
“Die president het die pendelaars gegroet en Suid-Afrikaanse vlae aan hulle uitgedeel. Dit was ter viering van die laaste 20 dae voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi en ook om te sien hoe die nuwe snelbusdiens (BRT) werk,” het Vincent Magwenya gesê.
Die passasiers was almal opgewonde oor die kans om met Zuma te gesels.
“Die president wou ‘n gevoel kry van die nuwe BRT, wat deur Suid-Afrikaners en buitelandse toeriste gebruik sal word.”
Zuma het glo baie positiewe terugvoer oor die BRT van die passasiers ontvang.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.